Tuesday, March 24, 2009
Nou het ek besluit ek gaan maar eerder in afrikaans skryf, hoekom nou sukkel, dit klink so onpersoonlik in engels ne? ....
Ek het nie gereeld fotos geneem laas week nie, net nie lus gehad om te soek vir iets om af te neem nie, maar ek het wel die naweek opgemaak daarvoor :-)
Woe 18 Mar: Dit het nogal baie gereen die laaste paar dae en die oggend was weer sopnat buite - ongelukkig het die foto nou nie juis dit gewys nie hahaha
Vry 20 Mar: Weereens langs die pad afgetrek om die mooi sunset af te neem :) my hazard werk nou overtime!
Sat 21 Mar: Ek het besluit dat ons na die Rhino & Lion park gaan en was toe net betyds vir die "feeding" van die 6 WIT leeus wat daar gebore is met die breeding facility wat hulle mee werk. Dit was nogal vreemd om te sien hoe wit hulle is teenoor gewone leeus.
Die "cheetah enclosure" was nice want reg langs die pad het hierdie twee mekaar 'n paar keer amper bygedam. Amazing diere.
Die renoster en haar kleintjie was so bruin van die modder besmeer :-)
Ons het broodjies saam gevat en by die piekniek kamp gou geeet en toe na die slange en apies gaan kyk ook. Sy het dit baie geniet en dit was lekker om bietjie uit te kom.
Son 22 Mar: Sondag was ek meestal online want ek doen standby van die huis terwyl meeste van die werksmense elke naweek werk om die werk klaar te kry. Dawie het ook toe sommer die bikes en karre gewas terwyl Chenae haar kreatiewe talent uitgebrei het :)
0 comments:
Post a Comment